Quantcast
Channel: NeerlandiNet - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 396

Week van de Afrikaanse roman 2017: video's en foto's (3)

$
0
0

Die Week van de Afrikaanse roman 2017 het van 29 September tot 8 Oktober plaasgevind. Hanné Koster deel nog video's en foto's van geleenthede in Brussel en Gent.

Foto's

Schiermonnikoog (foto deur Jente Rhebergen)

Willem Anker was na Schiermonnikoog in die noorde van Nederland, waar hy ’n leeskring gaan toespreek het.

Elize Zorgman se fotos

Suzie Matlhola en Karien Brits se program tydens die fees het die Drongo-taalfees in Amsterdam en die Onze Taal-kongres in Utrecht ingesluit.

Karien Brits en Suzie Matlhola

Suzie Matlhola, Karien Brits, Deidre Le Hanie en Jannie du Toit

Ena Jansen en Ingrid Winterbach

Ingrid Glorie en Willem Anker

Willem Anker, Ingrid Glorie en Andries Bezuidenhout

Willem Anker, Rudie van Rensburg, Andries Bezuidenhout, Deidre Le Hanie en Ingrid Winterbach

Brussel

By De Buren in Brussel het Jana Peeters, Ingrid Winterbach, Suzie Matlhola en Karien Brits ’n Afrikaanse meesterklas aangebied.

Die aand het Jildou Fabriek gesels met Willem Anker en die bekroonde skrywer Hagar Peeters. Skrywer en joernalis Roderik Six het ook gesels met Ingrid Winterbach en Peter Verhelst, ook ’n veelvuldig-bekroonde skrywer. Die aand is afgesluit deur Andries Bezuidenhout wat saam met Jannie du Toit opgetree het.

Roderik Six, Ingrid Winterbach en Peter Verhelst

Jildou Fabriek, Willem Anker en Hagar Peeters

Andries Bezuidenhout, Jannie du Toit, Susan Mouton op tjello en Chanie Jonker op trekklavier

Laura Engels en Ingrid Winterbach

Ingrid Winterbach teken boeke

https://www.deburen.eu/programma/85/avond-van-de-afrikaanse-roman

Gent

Die simposium "Die kleur van woorde" by die Koninklijke Akademie voor Nederlandse Taal- en Letterkunde in Gent het ’n vol program gehad: die besturende direkteur van die ATKV, Deidre Le Hanie, het ’n lesing gegee; Luc Renders het met Rudie van Rensburg gesels; Andries Bezuidenhout het ’n lesing oor Gert Vlok Nel gegee; Inge Brinkman het met Willem Anker gesels; en Ena Jansen het met Ingrid Winterbach gesprek gevoer. Hein Willemse kon weens ’n oponthoud nie self sy lesing oor Karel Schoeman gee nie, en dit is toe deur Ena Jansen voorgelees. Daarna is die skrywers na Theater Tinnenpot, waar hulle uit hulle gunstelingskrywers se werk voorgelees het. Andries Bezuidenhout het ook gesing.

Rudie van Rensburg

Andries Bezuidenhout

Video's

Amy Jephta se samevattende gedagtes oor hoe die week vir haar was. Dit is opgeneem op die aand van die afsluiting, in Gent.

Hier is ’n agter-die-skerms-video wat in Brussel opgeneem is. In die voorgrond sit Andries en tokkel op sy kitaar; agter sit die ander skrywers en gesels.

Die amptelike afsluiting was in Gent, maar die aand daarna, in Leuven, het Andries ’n laaste optrede saam met Ingrid Winterbach gehad. Dit was ’n huiskonsert. Ludo Teeuwen van die Universiteit van Leuven het die gesprek, oor landskap en verlies, gelei.

Deidre Le Hanie, wat van 1 Junie af die besturende direkteur van die ATKV is, het die toer meegemaak en in Gent ’n toespraak gelewer. Na afloop daarvan het ek haar gevra oor haar indrukke van die week.

Ingrid Winterbach se indrukke oor die week – die laaste aand in Leuven opgeneem.

Een van die organiseerders van die fees, Ingrid Glorie, se indrukke na afloop van die fees.

Jannie du Toit het in Brussel opgetree. Hy is op die oomblik op toer in Nederland en België met twee programme, Doep is nie dood nie en Bonjour Monsieur Brel. Saam met hom tree Susan Mouton op tjello en Chanie Jonker, gewoonlik op klavier, maar dié spesifieke aand op trekklavier, op. Andries Bezuidenhout het dié aand saam met hulle gesing. Ek het na afloop van die optrede met Jannie gesels.

’n Gesprek met Rudie van Rensburg na afloop van die Week van de Afrikaanse roman.

Lees ook:

Week van de Afrikaanse Roman 2017: eerste video’s 

Hanné Koster 
Boeke en skrywers 

Die Week van de Afrikaanse Roman 2017 het op 29 September 2017 afgeskop. Hanné Koster deel videogrepe uit die eerste paar dae.


Week van de Afrikaanse roman 2017: video's en foto's (2) 

Hanné Koster 
NeerlandiNet 

Die Week van de Afrikaanse roman 2017 het van 29 September tot 8 Oktober plaasgevind. Hanné Koster deel nog foto's en video's van geleenthede in Amsterdam, Den Haag, Culemborg en Utrecht.

The post Week van de Afrikaanse roman 2017: video's en foto's (3) appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 396

Trending Articles


Girasoles para colorear


mayabang Quotes, Torpe Quotes, tanga Quotes


Tagalog Quotes About Crush – Tagalog Love Quotes


OFW quotes : Pinoy Tagalog Quotes


Long Distance Relationship Tagalog Love Quotes


Tagalog Quotes To Move on and More Love Love Love Quotes


5 Tagalog Relationship Rules


Best Crush Tagalog Quotes And Sayings 2017


Re:Mutton Pies (lleechef)


FORECLOSURE OF REAL ESTATE MORTGAGE


Sapos para colorear


tagalog love Quotes – Tiwala Quotes


Break up Quotes Tagalog Love Quote – Broken Hearted Quotes Tagalog


Patama Quotes : Tagalog Inspirational Quotes


Pamatay na Banat and Mga Patama Love Quotes


Tagalog Long Distance Relationship Love Quotes


BARKADA TAGALOG QUOTES


“BAHAY KUBO HUGOT”


Vimeo 10.7.0 by Vimeo.com, Inc.


Vimeo 10.7.1 by Vimeo.com, Inc.



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>