Quantcast
Channel: NeerlandiNet - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 396

Soos familie. Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste na Amsterdam

$
0
0

soosfamilie300Sopas het bekend geword dat Ena Jansen se boek Soos familie. Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste volgende jaar by die Amsterdamse uitgewer Cossee in Nederland sal verskyn. Die boek van byna seshonderd bladsye word tans vertaal deur Riet de Jong-Goossens, ontvanger van talle pryse vir haar vertaalwerk uit Afrikaans die afgelope vyf en twintig jaar. Toe Riet de Jong enkele jare gelede die Nijhoff-prys, Nederland se belangrikste vertaalprys, ontvang het, het sy die gedeelte van die prysgeld wat bestem moet wees vir ’n vertaalprojek, al gereserveer vir die vertaling van Jansen se boek.

Eva Cossee is JM Coetzee se uitgewer in Nederland. Ander Suid-Afrikaanse boeke wat Cossee uitgegee het is JC Kannemeyer en David Atwell se biografiese werk oor Coetzee, romans van Ingrid Winterbach en die Nederlandse vertaling van Dan Sleigh en Piet Westra se boek Die aanslag op die slaweskip Meermin 1766.

Ena Jansen se boek is in Mei 2015 deur Protea uitgegee met ’n kleurbylaag wat kunswerke deur Marlene Dumas, David Goldblatt, Mary Sibande, Zanele Muholi, Claudette Schreuders, Keith Dietrich en Anton Kannemeyer insluit. Dit sal na verwagting in Junie 2016 reeds in Nederlandse boekwinkels beskikbaar wees. Soos familie is deur Jean Meiring, resensent van Die Burger beskryf as "meesleurend en monumentaal". Die Johannesburgse regsgeleerde was veral onder die indruk van die feit dat die boek dringend tot die generasie Suid-Afrikaners spreek "vir wie die blikbord en dikwels gekraakte beker onder die opwasbak gemeenplaas was". Dit moet ook sekerlik deur jongmense gelees word. Hy beskou die boek as ernstige literêre en sosio-historiese navorsing’ in ’n betoog wat "maklik om te volg en aangrypend" is. Elmari Rautenbach het Soos familie in Rapport beskryf as ‘n skat van verhale oor huiswerkers.

Lees ook:
Ena Jansen gesels oor Soos familie
Foto's: Soos familie
Ena Jansen oor Elisabeth Eybers, die literêre dubbelburger

Protea. R200.
Ook as e-boek beskikbaar.

The post Soos familie. Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste na Amsterdam appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 396

Trending Articles


Girasoles para colorear


mayabang Quotes, Torpe Quotes, tanga Quotes


Tagalog Quotes About Crush – Tagalog Love Quotes


OFW quotes : Pinoy Tagalog Quotes


Long Distance Relationship Tagalog Love Quotes


Tagalog Quotes To Move on and More Love Love Love Quotes


5 Tagalog Relationship Rules


Best Crush Tagalog Quotes And Sayings 2017


Re:Mutton Pies (lleechef)


FORECLOSURE OF REAL ESTATE MORTGAGE


Sapos para colorear


tagalog love Quotes – Tiwala Quotes


Break up Quotes Tagalog Love Quote – Broken Hearted Quotes Tagalog


Patama Quotes : Tagalog Inspirational Quotes


Pamatay na Banat and Mga Patama Love Quotes


Tagalog Long Distance Relationship Love Quotes


BARKADA TAGALOG QUOTES


“BAHAY KUBO HUGOT”


Vimeo 10.7.0 by Vimeo.com, Inc.


Vimeo 10.7.1 by Vimeo.com, Inc.