Op Vrydagmiddag 17 Junie 2016 het Ena Jansen afskeid geneem as bijzonder hoogleraar van die Suid-Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Amsterdam. Sy het ’n aantal vriende en kollega’s gevra om op Vrydagoggend deel te neem aan ‘n simposium by die akademies-kulturele ruimte Spui25. Elkeen het ongeveer 10 minute lank oor ’n onderwerp gepraat wat verband hou met Ena se belangstelling in die uitbeelding van huisbediendes in die literatuur.
Die dag se gebeure word op hierdie bladsy byeengebring. Alle gesprekke wat daardie dag bespreek is, sal uiteindelik hier verskyn. Onderaan die oggend se Spui25-simposium verskyn Ena Jansen se volledige afskeidslesing en daaronder volg 'n oorsig van Ingrid Glorie, wat oor die hele dag berig het.
Hieronder kortlikse biografiese besonderhede van die sprekers, waarna skakels gevolg kan word na die volledige lesings van die dag:
- Jacqueline Bel was 15 jaar lank Ena se naaste kollega aan die VU.
- Pamela Pattynama was, soos Ena, ’n bijzonder hoogleraar aan die UvA en is ook haar lewensmaat. Sy het baie gedoen om Soos familie te verwerk vir die Nederlandse uitgawe Bijna familie.
- Marlene Dumas en Ena het mekaar in 1979 ontmoet en is sedertdien al die jare bevriend.
- Carrol Clarkson was ´n student van Ena in die Afrikaans-Nederlands departement by Wits waar Ena vanaf 1984 tot 2000 klas gegee het. Hulle het die afgelope jaar nou saam gewerk aan die UvA.
- Hanneke Stuit was Ena se eerste PhD-student in Amsterdam.
- Esther Peeren is ´n kollega van Ena aan die UvA en verbonde aan dieselfde ondersoeksgroep ASCA.
- Adriaan van Dis en Ena het mekaar in 1974 ontmoet en het baie gemeenskaplike Suid-Afrikaanse vriende en belangstellings.
![]() |
Jacqueline Bel, Spui25: "Else Böhler en andere dienstmeisjes in de Nederlandse literatuur"
Jacqueline Bel "En hoewel de verschillen tussen de Zuid-Afrikaanse en de Nederlandse literatuur groot zijn, zijn er misschien toch meer raakvlakken dan je op het eerste gezicht zou verwachten." |
![]() |
Pamela Pattynama, Spui25: "Brutale bedienden"
Pamela Pattynama "In haar boek Soos familie (2015) betoogt Ena Jansen dat veel witte Zuid-Afrikanen over hun zwarte huisbediende zeggen dat zij 'mijn beste vriendin', 'net een zus' of zelfs 'familie' is. Ook in postkoloniaal Nederland zijn de herinneringen aan de bedienden in Indië maar al te vaak doordrenkt van sentimentaliteit en nostalgie." |
![]() |
Afscheidscollege, Ena Jansen: "Van Thandi de nanny tot Thandi de madam"
Ena Jansen "Mijn afscheidscollege wil ik nadrukkelijk plaatsen in de context van de geschiedenis van deze leerstoel." |
![]() |
Afscheid Ena Jansen als hoogleraar: "Een bescheiden tussenfiguur die actievoerder werd"
Ingrid Glorie "Op vrijdag 17 juni nam Ena Jansen na veertien jaar afscheid als hoogleraar Zuid-Afrikaanse letterkunde aan de Universiteit van Amsterdam (UvA). Dit afscheid werd gemarkeerd met een kort symposium, ’s ochtends, bij academisch-cultureel podium Spui25, gevolgd door Jansens afscheidscollege, ’s middags, in de aula van de universiteit ..." |
The post Ena Jansen: Afskeidsgeleentheid byeengebring appeared first on LitNet.