Die Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam het van 7 tot 11 April 2016 plaasgevind. Feesgangers kon tussen optredes na musiek, gesprekke en voorlesings deur skrywers in die Bo-Kaap Kafee luister terwyl daar aan bobotie en malvapoeding gesmul is.
Loer watter bekende gesigte ‘n blaaskans in die kafee gevat het en klik ook hier om te sien watter ander bekende skrywers en kunstenaars die fees bygewoon het.

“Waarom een festival voor het Afrikaans?” vra die eerste bladsy van die AKA-feesprogram. “Omdat Afrikaans onze harten omvouwt als een warme deken. Omdat het ons thuis is. Omdat we daar verdomd trots op zijn en dat gevoel dolgraag met jullie willen delen. We heten jullie welkom in je eigen land. Acht jezelf gekoloniseerd, want vandaag is Amsterdam AFRIKAANS!”

Van links: Ricky Human, Gwen Maduro van Favor Talents, Nederlandse aktrise Isis Cabolet en Niel van Deventer

Tertius Kapp, Jan Veering en Karolina Chelminiak by die Bo-Kaap Kafee

Joris Cornelissen, wat die Festival voor het Afrikaans in 2013 georganiseer het, en Michael le Cordeur.

Woordsmid Bandile Magibili

Bettina Wyngaard en Marita van der Vyver

Musikant en liedjieskrywer Laurinda Hofmeyr

Hiervandaan: Les Javan

Hoofkoördineerder Carina Claassens

HemelBesem wals met feesorganiseerder Carina Claassens.

Die fees sou nie moontlik gewees het sonder vrywilligers nie. Die meerderheid feesorganiseerders het hul dienste gratis aangebied. Van links: Aurelia Nell, Gerhardo Odendaal, Anika Smit, Bart Bouwman en Anies Phigeland.

Gerard Wieffer en Leonie Verburg by die ZAM-stalletjie.

Anja van den Bos aan die lees by Uitgeverij Podium se boekstalletjie

Jente Rhebergen by NB-Uitgewers se boekstalletjie. Buys deur Willem Anker is haar gunsteling.

In 2016 word kykNET ‘n volwaardige wêreldburger en brei uit met meer as 10 000 ure se Afrikaanse programinhoud beskikbaar op kykNET Internasionaal.

Danksy Showmax en kykNET is film een van die kernkunsvorme wat by die fees aangebied is.

Deon Maas

Sjef Michael Ricketts en Gerry de Bruin van Tjing Tjing, ‘n Suid-Afrikaanse restaurant in Amsterdam.

Nick Swanepoel van KuierKos berei ‘n “boereburger vir die somer” voor. KuierKos maak boerewors, biltong, droëwors en beskuit in Haarlem, Nederland.

Fanie Olivier en stigter-redakteur van LitNet, Etienne van Heerden

Elize Zorgman en Ingrid Glorie

Kaap-Maleise Koor

Doei Amsterdam, dit was geweldig. Ons kom weer!
The post Foto’s AKA 2016: Bo-Kaap Kafee appeared first on LitNet.