Die Zuilenzaal was die hooftuiste vir gesprekke, lesings en voorlesings by die Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam 2016. Loer watter bekende gesigte in hierdie saal opgetree het en klik ook hier om te sien watter ander bekende skrywers en kunstenaars die fees bygewoon het.

“Om oor ‘n ma te skryf is nie maklik nie, sy sit in jou derms, in jou DNA, sy is deel van jou.” Tom Lanoye en Jaap Goedegebuure gesels oor Tom Lanoye se Sprakeloos.

Pieter Muysken en Anne-Marie Beukes, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad. Beukes het ‘n belangrike gesprek oor meertaligheid, “Gesigte van ‘n taal”, met ‘n hooflesing oor taalekologie geopen.
Die gesprek is deur bostaande borge moontlik gemaak.

“Gesigte van ‘n taal”: Anne-Marie Beukes

“Gesigte van ‘n taal”: HemelBesem

“Gesigte van ‘n taal”: Jack Parow

‘n Gesprek tussen Nederlandse en Suid-Afrikaanse uitgewers: Wat verlang Afrikaanse en Nederlandse uitgewers vandag van skrywers?
Joost Nijsen (direkteur van Uitgeverij Podium), Ingrid Glorie (hoofredakteur van Maandblad Zuid-Afrika) en Nicol Stassen (direkteur van Protea Boekhuis).

Joost Nijsen (direkteur van Uitgeverij Podium) en Ingrid Glorie (hoofredakteur van Maandblad Zuid-Afrika)

Ena Jansen het Ingrid Winterbach uitgevra oor haar lewe as skrywer, haar oeuvre en haar skrywerskap.

Ena Jansen, die wenner van die 2016 UJ-prys vir die beste kreatiewe werk in Afrikaans, en Nicol Stassen.

'n Formidabele duo: Antjie Krog en die Vlaamse skrywer Tom Lanoye lees voor uit Tom se toneelstuk Mamma Medea, wat Krog in Afrikaans vertaal het.

Tertius Kapp het ’n lesing oor die berugte nommerbendes in Suid-Afrika gelewer en ook oor Rooiland gesels.

“‘Bandbreedte’ en standaardisering in het Nederlands en het Afrikaans”: René Appel, Khalid Mourigh, Stef Grondelaers en HemelBesem

Ingrid Winterbach

Gesprek oor vertaling: Martine Vosmaer, Rob van der Veer, Ingrid Glorie, Peter Bergsma, Titia Palthe en Robert Dorsman

Literatuurkurator van die fees, Annemarie van Niekerk
The post Foto’s en videos AKA 2016: Zuilenzaal appeared first on LitNet.