Pops Mohamed het pas opgetree by die fees van Harlekijn en de Zuid Afrikaanse Dagen.
Lees ook 'n onderhoud oor Harlekijn en de Zuid Afrikaanse Dagen.
Lees nog omtrent die bekendstelling van die CD byvoorbeeld wat tydens die fees plaasgevind het.
Pops gesels met Naomi Meyer oor sy ervaringe. Pierre du Toit van iStart2Sing beantwoord die heel laaste vraag.
- Pops, dis ‘n voorreg om met jou te praat, baie dankie. Vertel asseblief in ‘n paar sinne wie jy is?
Pops Mohamed is ‘n eenvoudige ou wat in Benoni in die Oos-Rand groetgeword het. My liewde vir inheemse musiek het begin toe ek nog ‘n laaitie was. Ek kan ‘n hele boek skryf oor hoe dit alles gebeur het. Maar om ‘n baie lang storie kort te maak, sal ek sê my mission in die lewe is om alle inheemse musiekinstrumente te beskerm en bewaar.
- Hoe maak jy die graagste musiek: met jou stem, met watter instrument, in watter tale?
Ek gebruik graag die Khoisan-mondboog, die mbira en die kora. Hierdie drie is my gunsteling instrumente en ek sing in Engels, ‘n bietjie Afrikaans en Zulu hier en daar. Dit hang af in watter situasie ek myself bevind.
- As ek na jou musiek luister, hoor ek klanke van antieke tradisies wat vermeng met moderne instrumente. Wil jy iets hieroor sê?
Toe ek nog baie jonk was het ek altyd opgelet dat mense van alle stamgroepe in shebeens bymekaar gekom om te “jam”. Meeste van hulle was mynwerkers van Swaziland, Maputo en Zimbabwe, en hulle het antieke instrumente gespeel terwyl die township ouens moderne instrumente soos die klavier, penniefluitjie en saxofoon gespeel het. Dit was wat ‘n mens “fusion” sou genoem het. Omdat shebeens onwettig was, was hierdie klanke nooit opgeneem nie, dit was net vir hulle eie plesier. En dit is wat ek vandag vir die mense wil laat luister. Dit is die klank van die toekoms!
- Ek lees toe jy klein was het jy gewag vir musikante om op te daag en gewens dat jy ook eendag kan musiek maak. Is jy bly dat jy dit met jou lewe kan doen? Wat is lekker en wat is moeilik van musikant en performer wees?
Ek is bly dat ek vandag ‘n lewe met my musiek kan maak. In die begin was dit maar baie mooilik om ‘n bestaan met hierdie instrumente te maak, want dit was ‘n nuwe klank vir my gehoor. Maar danksy die media het dit al hou beter en beter geword toe ek in ander lande begin toer het. Vandag is Suid-Afrikaners baie trots op my en my antieke toekomstige musiek.
- Die struggle is verby, long live the struggle? Is daar iets waaroor jy nog wil protesteer en indien wel, wat is dit?
Die struggle vir die bestaan van inheemse mense en hulle musiek is nog ver nie verby nie. Ons hoor nie genoeg van hulle musiek op die radio's en TV nie. Ek protesteer nog hard daarteen. Ja nee, die struggle is nog nie verby nie!
- Vertel hoe was jou ervaring on Nederland?
Die mense in die Nederland het my en my musiek met oope arms ontvang. Dit was ‘n ervaring wat ek vir ‘n baie lang tyd nie sal vergeet nie. Die optrede van Karin Hougaard, Jako Nel en ek was die hoogtepunt van my verblyf in die Nederland. Ons het die gehoor getoor, of sal ek sê, we executed them! Hulle het ons optreding terdeë geniet. Dit was baie lekker vir my gewees!
- Pierre du Toit, jy is groot betrokke by iStart2 en bewusmaking van volhoubaarheid-issues. Wat is jou rol?
My rol is om ons mense bewus te maak van hulle bestaan in die toekoms. Met ander woorde, jy sal nooit weet waarheen jy gaan tensy jy weet waar jy vanaf kom nie. 'n Persoon sonder ‘n kultuur is soos iemand wat nie ‘n siel het nie!
Ons het pas die iStart2-CD bekend gestel en hoop om ons boodskap van hoop só verder uit te dra. Ons beplan verdere iStart2 festivals in 27 dorpe en stede in Suid-Afrika in die toekoms. (Sien amptelike video hier onder.) Mense kan gerus ons webwerf besoek by www.iStart2.com en deelneem aan die kompetisie.
The post Onderhoud: Pops Mohamed ná die fees van Harlekijn en de Zuid Afrikaanse Dagen appeared first on LitNet.